For The Garden » Dithane® 750 WG NEOTEC

A WATER DISPERSABLE GRANULE ORGANIC FUNGICIDE FOR THE PREVENTION AND CONTROL OF A NUMBER OF FUNGUS DISEASES ON CROPS LISTED.
'N WATER DISPERGEERBARE KORREL KONTAK SWAMDODER/MYTDODER VIR DIE VOORKOMING EN BEHEER VAN VERSKILLENDE SWAMSIEKTES OP GEWASSE SOOS AANGEDUI.
WARNING
If DITHANE WG is used on harvest and fodder crops, the following waiting periods must be observed:
THE RECOMMENDED WITHHOLDING PERIOD BETWEEN LAST APPLICATION AND HARVEST MEETS LOCAL RESIDUE LEVEL REQUIREMENTS BUT MAY NOT MEET EXPORT REQUIREMENTS.
PRECAUTIONS
WAARSKUWINGS
Vir die gebruik van DITHANE WG op oes- en voergewasse moet die volgende wagtydperke toegepas word :
DIE AANBEVOLE ONTHOUDINGSPERIODE TUSSEN LAASTE TOEDIENING EN OES VOLDOEN AAN DIE VEREISTES VIR PLAASLIKE RESIDUVLAKKE, MAAR MAG DALK NIE VOLDOEN AAN DIE VEREISTES VIR UITVOER NIE.
VOORSORGMAATREëLS
DIRECTIONS FOR USE USE ONLY AS INDICATED
Compatibility:
Mixing instructions:
APPLICATION DIRECTIONS
MEASURING AND DOSAGE
|
CROP AND DISEASE |
DOSAGE / 10 ℓ WATER |
REMARKS |
|
POTATOES Early and Late Blight
Fusarium Dry Rot and Common Scab |
20 - 30 g
30 g |
Apply as a full cover spray. In all cases commence spraying as soon as the plants are about 15 cm high, or when disease threatens and repeat with 7-10 day intervals or after rain.
Dip the whole or cut potato tubers in the solution. Place the treated tubers in disease-free containers under cool temperatures and high humidity conditions. Change the dipping solution frequently especially if the potatoes have a film of soil. For seed potatoes only. |
|
TOMATOES Early and Late Blight and Septoria Leaf Spot |
20 g |
Use 5 ℓ spray mixture/100 m² shortly after transplanting and increase the volume of spray mixture to 30 ℓ/100 m² as the plants grow bigger. NOTE - DITHANE WG can also be used on tomato seedlings. |
|
MANGOES Anthracnose |
20 g |
Apply first spray when panicles appear but before flowers open. Apply second spray at fruit set and thereafter repeat at 14-21 day intervals.
|
|
CITRUS Black Spot and Melanose
Citrus Rust Mite
Brown Rot
Necrostoma |
(a) 20 g
(b) 20 g in the first 2 sprays then 15 g plus 60 mℓ light/ medium mineral oil in subsequent two or three sprays.
7,5 g
20 g
20 g |
When normal rainfall occurs during July - September, spray during the third week of October and repeat 3 times at 25 day intervals. OR When rainfall is above normal in July - September, apply after full petal drop and repeat 4 times with 25 day intervals.
Apply in Spring. The DITHANE WG programme against black spot will also control rust mite.
Apply 3 weeks before harvest on all fruits up to 1 m above soil surface. Also treat stem and soil surface under the tree.
Apply as a cover spray early in December and repeat early in January. In case of severe infection, symptoms will only be suppressed. |
|
Silver Mite
|
20 g |
This pest can cause rusetting of lemons and grapefruit during the 5-7 week period after petal fall. Apply to wet the foliage canopy and fruitlets as soon as first mite presence is noticed. Alternatively apply at petal fall to trees which suffered fruit russet the previous season. In the case of lemons, fruitlets resulting from summer blossoms are most susceptible to attack. |
|
PEACHES, APRICOTS AND PLUMS Rust
Gumspot
|
15 g
15 g
|
Winter rainfall region: Start applications early in November. Summer rainfall region: Apply from mid-February. Repeat at 10-14 day intervals as necessary.
1. Autumn: Just after harvest. 2. Autumn: 75% leaf drop. 3. Spring: Copper spray at bud movement. 4. Spring: 80% petal fall. 5 & 6. Two further applications at 14 day intervals if necessary.
For plums commence spraying from mid-December and apply 2 sprays at 10 day intervals. |
|
Freckle
|
15 g |
Winter rainfall region: Apply at 75-100% petal drop and repeat 14 days later. In wet seasons repeat application monthly on late cultivars. Summer rainfall region: First application 3 weeks after petal drop and again 14 days later. In wet seasons repeat applications monthly on late cultivars.
N.B. NO MORE THAN 6 APPLICATIONS SHOULD BE APPLIED DURING THE PERIOD THAT FRUIT IS ON THE TREE.
|
|
GUAVAS Lumpy Disease and Blossom-end Rot |
20 g |
Full cover application in the early stages until fruit begins to swell. Apply at 30 day intervals for protection against lumpy disease. Full cover application 14 days before harvesting when very wet weather is experienced for protection against blossom-end rot.
|
|
CROP AND DISEASE |
DOSAGE / 10 ℓ WATER |
REMARKS |
|
YOUNGBERRIES AND BOYSENBERRIES Downy Mildew Anthracnose |
40 g (10-40 g/ 100 m²) |
Commence spraying at the first signs of disease appearing and repeat at 7-10 day intervals. Dosage depends on plant density and size. In case of Anthracnose apply as soon as the first flowers appear. Use enough water to ensure thorough wetting.
|
|
CUCURBITS Anthracnose and Downy Mildew |
20 g |
Start at first signs of disease. Ensure that the lower leaf surfaces are thoroughly wetted. Use 10 -15 ℓ of spray mixture / 100 m².
|
|
BEANS Rust Anthracnose |
40 g (10-40 g/ 100 m²) |
Commence spraying at the first signs of disease appearing and repeat at 7-10 day intervals. For Anthracnose commence spraying when first flowers appear. Dosage depends on plant density and size. Use enough water to ensure thorough wetting. |
|
PEAS Downy Mildew |
40 g (10-40 g/ 100 m²) |
Commence spraying at the first signs of disease appearing and repeat at 7-10 day intervals. Dosage depends on plant density and size. Use enough water to ensure thorough wetting.
|
|
ONIONS Downy Mildew |
40 g (10-40 g/ 100 m²)
|
Commence spraying at 4-6 leaf stage or when disease is noted, and repeat at 7-10 day intervals. Add a wetter/ spreader to the spray mixture (G-49). Dosage depends on plant density and size. Use enough water to wet the plants thoroughly.
|
|
OLIVES Anthracnose |
20 g |
First application in Autumn before discoloration of the fruit begins. Repeat 2-3 times at monthly intervals.
|
|
CRUCIFERAE Downy Mildew |
40 g (10-40 g/ 100 m²) |
Commence spraying at 4-6 leaf stage or when disease is noted and repeat at 7-10 day intervals. Add Efekto G-49 wetter / spreader to the mixture. Treat seedbeds at 3-5 day intervals. Dosage depends on plant density and size. Use enough water to wet the plants thoroughly.
|
|
ORNAMENTALS Downy Mildew Anthracnose, Rusts |
15-20 g plus 2 mℓ Efekto G-49 Wetter |
Apply at first signs of disease and repeat every 7-10 days. Dosage depends on severity of disease. Make sure that the plants are thoroughly wetted.
|
|
APPLES AND PEARS Scab and Septoria Leaf Spot |
15 g |
May be applied as both pre- and post-blossom sprays. Pre-blossom: Apply 3 times with the first application when the trees reach green tip stage and the last prior to blossoming. Post-blossom: Apply immediately after blossoming and repeat 4-6 times at 7-14 day intervals.
|
|
QUINCE Black spot |
12,5 g |
First application green-tip stage and repeat at 6-10 day intervals. From 75% petal drop spray at 10-14 day intervals. |
|
GRAPE VINES Downy Mildew (Plasmopara viticola) |
20 g
|
Pre-blossom: Apply first spray when young shoots have reached a length of 10 cm. Further sprays depending upon weather conditions should be applied at 7-10 day intervals. Blossom to 80% calyx fall: Application necessary only if the blossoming period is longer than 14 days. Post-blossom: Apply 2 more applications at 7-14 day intervals depending on weather.
|
|
Dead Arm Disease (Phomopsis viticola) |
20 g |
Apply the first treatment when the shoots reach a length of 0,5 to 1 cm. Apply 3 times at intervals of 7-10 days prior to blossoming.
|
|
PAPAYA Black Speckle |
20 g |
Apply from flowering stage at 28 day intervals. Shorten intervals to 14 days under high disease challenge.
|
GEBRUIKSAANWYSINGS GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI
Verenigbaarheid:
Menginstruksies:
TOEDIENINGSAANWYSINGS
UITMEET EN DOSIS
|
GEWAS EN SIEKTE |
DOSIS / 10 ℓ WATER |
OPMERKINGS |
|
AARTAPPELS Vroeë- en Laatroes |
20-30 g |
Volle dekbespuiting. In alle gevalle, moet toediening begin sodra die plante ongeveer 15 cm hoog is, of as roes 'n bedreiging inhou en herhaal met 7-10 dae tussenposes en na reën. |
|
Fusarium en Gewone Skurfsiekte |
30 g |
Doop die hele of gesnyde aartappel-moere binne in die oplossing. Plaas die behandelde moere in'n siektevrye houer of berg in massa onder koel temperatuur en hoë vogtigheidstoestande. Vervang die doopoplossing dikwels veral as die aartappels 'n laag grond op het. Slegs vir saadaartappels.
|
|
TAMATIES Vroeë- en Laatroes en Septoria Blaarvlek |
20 g |
Gebruik 5 ℓ spuitmengsel/100 m² kort na verplanting en vermeerder die volume spuitmengsel na 30 ℓ/100 m² na gelang die plante groter word. NOTA - DITHANE WG kan ook op tamatiesaailinge gebruik word. |
|
MANGOS Antraknose |
20 g |
Dien die eerste bespuiting toe wanneer die panikula verskyn, maar voor die bloeisels oopgaan. Dien die tweede bespuiting toe met vrugset en herhaal daarna met tussenposes van 14-21 dae.
|
|
SITRUS Swartvlek en Melanose
Sitrusroesmyt
Bruinverrotting
Nekrostoma
|
(a) 20 g
(b) 20 g vir die eerste twee bespuitings, dan 15 g plus 60 mℓ ligte/ medium minerale olie vir die latere twee tot drie bespuitings
7,5 g
20 g
20 g |
Wanneer reënval in Julie - September normaal is, spuit gedurende die derde week in Oktober en herhaal drie keer met tussenposes van 25 dae.
OF
Wanneer reënval bo normaal in Julie - September is, spuit na volle blomblaarval en herhaal 4 keer met tussenposes van 25 dae.
Dien bespuiting in die lente toe. 'n DITHANE WG program teen swartvlek sal ook roesmyt beheer.
Dien toe 3 weke voor oestyd op alle vrugte tot 1 meter hoogte bo die grondoppervlak onder die boom. Behandel ook stam en grond onder die boom.
Dien toe as 'n dekbespuiting gedurende die begin van Desember en herhaal gedurende begin Januarie. Met hoë besmettingsdruk sal simptome slegs onderdruk word.
|
|
SITRUS (verv.) Silwermyt |
20 g |
Silwermyt veroorsaak skilverruwing van suurlemoene en pomelo's tydens die periode 5-7 weke na blomval. Sodra die eerste tekens van myte waargeneem word moet toediening plaasvind. Blare en jong vruggies moet benat word. 'n Alternatiewe tyd van toediening by bome wat gedurende die vorige seisoen aan besmetting gelei het is gedurende blomblaarval. In die geval van suurlemoene is die vruggies van die somerblomperiode die kwesbaarste.
|
|
PERSKES, APPELKOSE EN PRUIME Bruinroes
Gomvlek |
15 g
15 g |
Winterreënvalstreek: Begin toedienings vroeg in November. Somerreënvalstreek: Dien vanaf middel Februarie toe. Herhaal met tussenposes van 10-14 dae indien nodig.
1. Herfs: Net na oes. 2. Herfs: 75% blaarval. 3. Lente: Koper bespuiting as bome begin bot. 4. Lente: 80% blomblaarval. 5. & 6. Twee verdere toedienings met tussenposes van 14 dae indien nodig. Vir pruime begin spuit vanaf middel Desember en dien 2 bespuitings toe met tussenposes van 10 dae. |
|
Sproetsiekte |
15 g |
Winterreënvalstreek: Dien toe vanaf 75-100% blomblaarval en herhaal 14 dae later. Gedurende nat seisoene herhaal toedienings maandeliks op laat variëteite. Somerreënvalstreek: Eerste toediening 3 weke na blomblaarval en weer na 14 dae. Gedurende nat seisoene herhaal toedienings maandeliks op laat variëteite. L.W. MOENIE MEER AS 6 BESPUITINGS VAN DITHANE WG GEDURENDE DIE TYD VAN VRUGDRAG TOEDIEN NIE. |
|
GEWAS EN SIEKTE |
DOSIS / 10 ℓ WATER |
OPMERKINGS |
|
KOEJAWELS Knopvelsiekte en Blom-endverrotting |
20 g |
Volle dekbespuiting in die vroeë stadiums, totdat die vrugte begin swel. Dien toe met 30 dae intervalle vir beskerming teen knoppieskil. Volle dekbespuiting 14 dae voor oes wanneer baie nat weer ondervind word vir beskerming teen bloeisel-endvrot.
|
|
YOUNGBESSIES en BOYSENBESSIES Donsige Skimmel Antraknose |
40 g (10-40 g/100 m²) |
Begin bespuiting met die eerste tekens van die siektes en herhaal elke 7-10 dae. In die geval van Antraknose bespuit sodra die eerste blomme verskyn. Dosis hang af van plantdigtheid en -grootte. Gebruik voldoende water om deeglike benatting te verseker.
|
|
PAMPOENGEWASSE Antraknose en Donsige Skimmel |
20 g |
Begin toedien met die eerste tekens van die siekte. Maak seker dat die onderste blaaroppervlak deeglik benat word. Gebruik 10 - 15 ℓ spuitmengsel/100 m².
|
|
BOONTJIES Bruinroes en Antraknose |
40 g (10-40 g / 100 m²)
|
Begin met die eerste tekens van die siekte en herhaal elke 7-10 dae. In die geval van Antraknose bespuit sodra die eerste blomme verskyn. Dosis hang af van plantdigtheid en -grootte. Gebruik voldoende water om deeglike benatting te verseker.
|
|
ERTJIES Donsige Skimmel |
40 g (10-40 g / 100 m²)
|
Begin met die eerste tekens van die siekte en herhaal elke 7-10 dae. Dosis hang af van plantdigtheid en -grootte. Gebruik voldoende water om deeglike benatting te verseker.
|
|
UIE Donsige Skimmel |
40 g (10-40 g / 100 m²)
|
Begin bespuiting wanneer plante 4-6 blare het of wanneer siekte waargeneem word en herhaal elke 7-10 dae. Voeg benatter / kleefmiddel by die spuitmengsel (G-49). Dosis hang af van plantdigtheid en grootte. Gebruik voldoende water om deeglike benatting te verseker.
|
|
OLYWE Antraknose |
20 g |
Eerste toediening in herfs voordat verkleuring van vrugte begin. Herhaal 2-3 keer met maandelikse intervalle.
|
|
KOOLGEWASSE Donsige Skimmel |
40 g (10-40 g / 100 m²)
|
Begin bespuiting wanneer plante 4-6 blare het of wanneer siekte waargeneem word en herhaal elke 7-10 dae. Voeg benatter / kleefmiddel by die spuitmengsel (G-49). Spuit saadbeddings elke 3 tot 5 dae. Dosis hang af van plantdigtheid en grootte. Gebruik voldoende water om deeglike benatting te verseker.
|
|
SIERPLANTE Donsige Skimmel, Antraknose en Roessiektes |
15-20 g plus 2 mℓ Efekto G-49 Benatter |
Wend aan met die eerste tekens van die siekte en herhaal elke 7-10 dae. Dosis hang af van graad van infeksie. Dra sorg dat die plante deeglik benat word.
|
|
APPELS EN PERE Skurfsiekte en Septoria Blaarvlek |
15 g |
Kan beide as voor- en nablom bespuitings toegedien word. Voorblom: Dien 3 maal toe, met die eerste bespuiting wanneer die bome die groenpunt stadium bereik en die laaste bespuiting net voor blom. Nablom: Spuit onmiddellik na blom en herhaal 4-6 keer met tussenposes van 7-14 dae. |
|
KWEPERS Swartvlek |
12,5 g |
Eerste toediening by groenpunt stadium en herhaal met 6-10 dae intervalle. Spuit met 10-14 dae intervalle vanaf 75% blomblaarval.
|
|
WINGERDE Donsige Skimmel (Plasmopara viticola) |
20 g
|
Voor blomtyd: Dien die eerste bespuiting toe wanneer die jong lote 'n lengte van 10 cm bereik het. Verdere bespuitings afhangende van weerstoestande, moet met tussenposes van 7-10 dae toegedien word. Blomtyd tot 80% Kappiesval: Toedienings alleen nodig as die blom-periode langer as 14 dae is. Na blomtyd: Dien nog twee verdere behandelings toe met tussenposes van 7-14 dae afhangende van weerstoestande.
|
|
Streepvleksiektes (Phomopsis viticola) |
20 g |
Dien die eerste bespuiting toe wanneer die lote 'n lengte van 0,5 tot 1 cm bereik. Dien 3 maal toe met tussenposes van 7-10 dae voor blomtyd.
|
|
PAPAJAS Swart Spikkel |
20 g |
Dien toe vanaf blomstadium met tussen-poses van 28 dae. Onder toestande van hoë infeksiedruk verkort tussenposes tot 14 dae.
|